Daai romerige kaassous met sagte brokkoli en blomkool onder βn goudbruin kaaskorsβ¦ hierdie is die tipe kos wat almal tweede helpings laat vat π
Perfek as βn bygereg of selfs sommer as βn ligte aandete.
Bestanddele:
1 kop brokkoli, in blommetjies gesny
1 klein blomkool, in blommetjies gesny
2 koppies gerasperde kaas
250ml vars room
1 koppie melk
2 eetlepels botter
2 eetlepels meel
1 teelepel knoffel
Sout en swartpeper na smaak
1 teelepel gemengde kruie
β±οΈ Voorbereidingstyd: 15 minute
Baktyd: 25β30 minute
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180Β°C.
- Kook die brokkoli en blomkool vir 5 minute in soutwater en dreineer goed.
- Smelt die botter in βn pot en roer die meel by.
- Voeg die melk en room stadig by en roer tot die sous dik word.
- Voeg die knoffel, gemengde kruie, sout en peper by.
- Roer die helfte van die kaas by die sous.
- Meng die groente met die kaassous en skep in βn oondbak.
- Sprinkel die res van die kaas bo-oor.
- Bak tot goudbruin en borrelend.
Bedien warm saam met braaivleis, hoender of selfs steak π